Ons Bediening en Visie  Ons Bediening en Visie
(Click HERE to view in English)
RAIN International SA

RAIN International SA, met hoofkwartiere in Kempton Park, Suid-Afrika, is gestig deur Past. Jan en Annika van Rooyen (hulle woon ook in Kempton Park, SA).

Jan & Annika is staan alreeds in Bediening en Besigheid vir die afgelope bykans 30 jaar, en hul passie is om die Goeie Nuus van God se Koninkryk te verkondig en die Woord uit te lê aan almal wat honger en dors na meer van God (besoek HIER vir Woord studies). Jan en Annika het 'n voorliefde om God se Woord uit-een te sit

Deur 'n proses van opleiding, afrigting (coaching) en mentorskap bou Jan & Annika in die lewens van Christene in sodat die Kerk sterk kan staan as 'n Verbonds Gemeenskap met die vermoë om 'n tasbare en standhoudende impak te kan maak op plaaslike gemeenskappe, landstreke en volke.

(NUUT! Teken hier in op "Kingdom Lifestyle" Nuusbrief en Tydskrif!)

Die Bediening - Studie en Onderrig in die Woord, Afrigting van Leiers

Jan van Rooyen bedien tydens 'n Kerkdiens Jan & Annika het albei 'n brandende begeerte om 'n honger en dors in die harte van Gelowiges aan te wakker vir die inwonende Volheid van Christus sodat Christene met duidelikheid God se doel vir hulle lewens kan onderskei.

Gedurende die bykans 30 jaar van bediening het Jan & Annika die voorreg gehad om in verskeie kerke, konferensies en seminare te bedien. God het ook die geleenthede geskep waar hulle dien as adviseurs aan verskeie Kerke en Bedienings, sowel as Staats- en Besigheids Leiers (besoek HIER vir meer oor RAIN International se Visie).

Besigheids Leiding en Werksplek Bediening

Jan & Annika is ook die Direkteure van hulle eie Besighede, met die gevolg dat hulle die vermoë besit om Christene op te lei wat betrokke is in die Werksplek en ook hul eie Besighede besit. Hulle is ook gesogte gassprekers by Besigheids Seminare en Konferensies, en gee gereeld raad en advies aan besigheidsmans en vroue wat wysheid en ondersteuning benodig met hulle besighede en organisasies.

God het ook a sterk Besigheids Salwing op die bediening van Jan & Annika geplaas, en onlangs het Hy hulle gelei om die Focus Business Network International te loods. Die FBNI sal gedurende 2009 geloods word, en meer besonderhede oor Lidmaatskap en Funksies kan ontvang word deur 'n epos na info@biznets.co.za te stuur.

• Om die Geloofs Formulier van RAIN International te lees, besoek HIER...

Stuur jou Gebeds Versoeke na die RAIN International Gebeds Sentrum...

• Besoek HIER om Jan se getuienis te lees

Previous Page | Top of Page


© 2005 RAIN International - www.raininternational.com
P.O. Box 648 - Edenvale - South Africa - 1610
Visit HERE to contact our office

This website designed and maintained by
Storm Media and Publishing
Visit HERE to contact our Webmaster
Visit HERE!